Houthaan (astrologie)

乙酉

Die Houthaan (乙酉, yǐyǒu) is die 22ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, ; die element Hout en Jin) met die 10de Aardtak (酉, yǒu), gesimboliseer deur die Haan (鷄, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houthaanjaar het in 2005 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 9 Februarie 2005 tot 28 Januarie 2006.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search